Voeding is noodsaaklik tydens swangerskap, en jou baba se ontwikkeling is net soos belangrik. In hierdie 3-boek pak, sal ons jou help om 'n goeie dieet te volg terwyl jy swanger is, en ook om jou baba beter te verstaan en te ontwikkel wanneer hy / sy gebore is.
Eet vir Twee Annabel Karmel
Elke swanger vrou wil die regte voedsel eet vir haar eie gesondheid en ter wille van die ontwikkeling van haar ongebore baba. Die betroubare gids sal jou help om heerlike, gesonde maaltye voor te berei tydens jou swangerskap en ook daarna. Die regte voeding is van kardinale belang tydens jou swangerskap.
In die boek verskaf kosskrywer Annabel Karmel met die hulp van dieetkundige Fiona Hinton, belangrike raad en nuttige wenke vir optimale voeding tydens elke stadium van jou swangerskap, toegerus met eenvoudige, dog heerlike, gesonde resepte.
Die boek bevat ook raad oor hoe om met oggendnaarheid, slapeloosheid, sooibrand en lusteloosheid klaar te speel. Toegerus met die raad van kenners en meer as 90 resepte, kan jy verseker wees dat jy die beste voedsel inneem vir jou en jou ontwikkelende baba.
Baba Se Eerste Vaardighede- Ontwikkel Jou Baba se Ontluikende Vaardighede met Kreatiewe Speletjies Dr Miriam Stoppard
Die belangrikheid van speel vir babas kan moeilik oorskat word – dit is die grondslag van alle leer. Jou baba se eerste en beste speelmaat is jy, en al wat jy hoef te doen om 'n vaardigheid te help ontwikkel, is om jou deur jou baba te laat lei. Hierdie is die goue en onverbreekbare reel vir kinderontwikkeling. Hierdie boek lei jou stap vir stap deur jou baba se eerste paar maande en bevat waardevolle wenke, asook prettige aktiwiteite om jou te help om jou baba se vaardighede so veel moontlik gedurende hierdie tyd te ontwikkel.
Koester jou Baba Megan Faure & Ann Richardson
Van al die bababoeke in Suid-Afrika is Koester jou baba al die afgelope dekade die topverkoper.
Dit is reeds in verskeie tale vertaal en is in 2008 en 2009 met die internasionale prestige-toekenning (VK se Praktiese Voorskoolse Toekenning: Goud) bekroon. Met 100 000 kopieë in druk het die tyd vir ’n herdruk aangebreek. Die boek se toeganklike styl en die fokus op baba se slaap, kalmte en ontwikkeling word steeds in die nuwe uitgawe bespreek maar die outers Meg Faure en Ann Richardson het ook die teks bygewerk om die jongste navorsing in te sluit en ma’s en professionele persone se vrae en versoeke te beantwoord.
Our remarkable ability to remember quotes from practically any movie, and our skill in catering to almost any person in South Africa.
The latter is the harder of the two, because A) we haven't met everyone in the R of SA and 2) our personal tastes can hardly be used as a benchmark for things other people may enjoy.
Still, through sheer determination and never-miss-an-episode viewings of Egoli and Generations, we like to think we hit the proverbial nail on the head more often than not.
And in the almost unfathomable event that we're completely wrong and nothing on our cyber-shelves appeals to you, we'd like to leave you with the following gem from Lord of the Rings:
"Use the force, Harry." - Edward Cullen.