Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Today's Deals
/
Media
save
-49%
Product media

RomanzaSet of 6 Afrikaans 3-in-1 Romance Novels (18 Stories)

6 Books
6 Books

R399

Retail: R780
Excludes shipping

R399

R780
Customers rate OneDayOnly 4.5/5 on Google
About.  

Everyone loves a good love story!

This bundle is the perfect addition to your bedside table by containing 3 stories rolled into 1 novel making your life easier and your weekend away bag a lot lighter!

Consists of six 3-in-1 romance novels - that's 18 stories in total!

Twee maal so Lief + Dans van Liefde + Temmer van haar Hart

Twee maal so Lief

Beaudine keer terug na die wildplaas waar sy die man wat sy liefhet aan ’n ander vrou afgestaan het. Hier kom sy voor hom in ’n rolstoel te staan, die ander vrou steeds aan sy sy.

Dans van Liefde

Marina se werk by Lusoord is die verwesenliking van ’n droom ... tot sy uitvind die plek behoort aan Kobus Verwey en sy familie. Sy word verplig om ’n geheim uit die verlede op die lappe te bring voordat sy haar regmatige plek in Kobus se hart kan inneem.

Temmer van haar Hart

Suster Willda se streke in die hospitaal het haar al in die moeilikheid gehad, veral by een dokter wat sy net nie kan veel nie. Sy word egter van ’n wandaad beskuldig wat haar lewe verander.

Van Begin tot Einde + Skakerings van Blou + Onblusbare Liefde

Van Begin tot Einde

Madri verag die plaas se nuwe eienaar en veral sy gesofistikeerde seun. Maar die volgende keer toe sy hom sien, is hy in ’n gesagsposisie oor haar aangestel. En sy raak onseker oor veragting ...

Skakerings van Blou

Laura ontmoet op dieselfde dag twee mans wat ewe aantreklik is en al twee wedywer om haar guns. Later blyk dit hulle verlede was lankal verstrengel. Gaan sy dieselfde fout as haar ouma maak?

Onblusbare Liefde

Lelievlei se dorpsraad het Magda Blom aangestel om ’n fotojoernaal van die dorp saam te stel. Sy is baie opgewonde daaroor, veral omdat fotografie haar passie is. Dis ’n droomopdrag, maar sommer die eerste dag loop dinge verkeerd: Sy gaan neem foto’s van ’n brand en raak in ’n onderonsie betrokke met Tinus Keet, ’n brandweerman. Boonop kom sy gou agter Sebastian Wessels, die redakteur en fotograaf van die weeklikse koerant, is ongelukkig omdat die tender nie aan hom toegeken is nie. Sebastian is nie die enigste vlieg in die salf nie. Op Lelievlei kry sy vir die eerste keer in haar lewe met openlike vyandiggesindheid te doen, en sy weet nie presies wie almal haar so haat nie. Is Tinus nie dalk ’n draadsitter wat tegelykertyd met haar én die vyand heul nie?

Liefde in Ink + Liefste Amelia + Kasteelbruid

Liefde in Ink

Hoe verlief Sanet ook al op hom is, hy is ’n halwe dominee en sy ’n tatoeëerkunstenaar. Boonop het hy ’n rebelse tienerdogter. Of kan liefde soos dié tog ’n gapende afgrond oorbrug?

Liefste Amelia

Hoe verlief Sanet ook al op hom is, hy is ’n halwe dominee en sy ’n tatoeëerkunstenaar. Boonop het hy ’n rebelse tienerdogter. Of kan liefde soos dié tog ’n gapende afgrond oorbrug?

Kasteelbruid

Tanja Vermeer het Suid-Afrika toe gekom om ’n vreemde man se vrou te word omdat sy geen ander uitweg gesien het nie. Die man wat haar op die lughawe kom haal, lyk nog aantrekliker as op die internetfoto. Maar tot haar skok moet sy uitvind dis nie Karel nie. By Purper Drome aangekom, word sy nie net deur ’n bombastiese Karel gekonfronteer nie, maar ook deur sy snobisties tant Muriel.

Diagnose: Verlief + Die Nuwe Afrigter + Kersiebruid

Diagnose: Verlief

Maribelle, wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het, keer as ’n mediese dokter terug na Witklip en open ’n praktyk daar. Haar pad kruis met die ryk en gesiene Jordaans s’n. Die drie Jordaan-mans is al drie byna prinse. Maar in sulke mans se lewe is daar altyd ’n ander meisie, of ’n eksmeisie. En dit is Maribelle se lot dat sy op die verkeerde prins verlief raak – en al drie raak op haar verlief, of so lyk dit. Hoe kry ’n meisie die man van haar hart sonder om die ander twee broers seer te maak? En wat beteken mevrou Jordaan se veranderde houding jeens haar?

Die Nuwe Afrigter

Maribelle, wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het, keer as ’n mediese dokter terug na Witklip en open ’n praktyk daar. Haar pad kruis met die ryk en gesiene Jordaans s’n. Die drie Jordaan-mans is al drie byna prinse. Maar in sulke mans se lewe is daar altyd ’n ander meisie, of ’n eksmeisie. En dit is Maribelle se lot dat sy op die verkeerde prins verlief raak – en al drie raak op haar verlief, of so lyk dit. Hoe kry ’n meisie die man van haar hart sonder om die ander twee broers seer te maak? En wat beteken mevrou Jordaan se veranderde houding jeens haar?

Kersiebruid

Die man wat Reanie liefhet, het ’n verhouding met iemand anders. En anders as Reanie, het daardie vrou nie erg aan sy tweeling nie. Gaan die man dit nooit insien nie?

Tamaletjie Liefde + Hart Oorboord + Op die Sypaadjie

Tamaletjie Liefde

Michelle dink dit sal pret wees om vir hierdie aantreklike, ryk man in te staan as sy meisie. Terselfdertyd kan sy hom ’n les leer oor integriteit. Maar dié speletjie en die les boemerang liederlik.

Hart Oorboord:

Sarena het pas uit haar pos by ’n uitgewery bedank – ietwat stormagtig. Vir die volgende vier dae gaan sy net rus en haar kop skoon kry tydens ’n luukse plesiervaart op die oopsee. Maar ’n besprekingsfout bring haar in ’n onbenydenswaardige posisie teenoor ’n baie omgekrapte man te staan. Van plesier is daar nie veel sprake nie. Inteendeel. En toe die man eers tot bedaring kom, ontstaan nuwe probleme. Sy wil nou wel graag weer werk hê maar of sy bereid is om vir hierdie kwaai man te werk is ’n ander vraag. Onder andere omdat Sarena besonder verward is oor wat sy vir Wilmar begin voel ...

Op die Sypaadjie

Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.

Eindelik Liefde + Nie n Trouman nie + Ompad in die Vreemde

Eindelik Liefde

Schalk en Anke is voëls van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorweë moet hulle ’n besluit neem.

Nie n Trouman nie

Gina kry daardie gesogte kontrak waarmee sy haar deurbraak in die wêreld van binneversiering gaan maak. Net wat sy nodig het, want binne die volgende vyf jaar wil sy haar studiegeld aan haar ouers terugbetaal, met rente. Dus sal daar ook in hierdie tyd geen man op haar horison kan wees nie; sy sal moet werk. Saam met die kontrak kom ’n hotelmagnaat, ’n baie aantreklike ene. Heinrich hou egter geen gevaar vir haar in nie want hy stel nie nou of later in ’n huwelik belang nie, hoor sy sonder om daaroor te vra. Maar Gina is van warmbloedige Italiaanse afkoms en wel, Heinrich is ’n man.

Ompad in die Vreemde

Ná haar man se dood besluit Hermien om haar lewe te hervat. Op haar lang reis na Paternoster neem sy ’n ompad deur die Karoo. En dit is hier waar ’n bruingebrande boer haar pad kruis.

Product Features
  • 6 Books
  • 18 Stories
  • Language : Afrikaans
  • 3-in-1 Books

Titles Include: 

  • Twee maal so life + Dans van liefde + Temmer van haar hart
  • Van begin tot einde + Skakerings van blou + onblusbare liefde
  • Liefde in ink+ liefste Amelia + Kasteelbruid
  • Diagnose: Verlief + Die nuwe afrigter + Kersiebruid
  • Tamaletjie liefde + Hart oorboord + Op die sypaadjie
  • Eindelik liefde + Nie n trouman nie + Ompad in die vreemde
read more
It's the weekend! It's summer!

And because of that you really shouldn't be sitting behind a computer/tablet/phone.

To be honest, we're just selling these because 1) well, we need to sell something and B) our sales stats indicate that, despite the sentiments of the previous sentence, people DO shop over the weekend.

If you're reading this, that's you! It's the only logical explanation.

So here are a whack of deals for you to check out (double meanings are our bread and butter). Have fun!